Meet, Monitor, METOS

Weer is die grootste element wat ‘n bydrae lewer tot plantegroei, pes- en siekte-ontwikkeling, besproeiingsbehoeftes, en dus op die ou end, opbrengs. Operasionele beplanning word gewoonlik gedoen gebaseer op ‘n normale seisoen. Die realiteit is egter dat “normaal” eintlik net ‘n stelling op ‘n wasmasjien is en ons nie weet wat die seisoen vir ons inhou nie.

Alhoewel weerdata maklik toeganklik is, is die oorsprong van hierdie data dikwels vanaf ‘n weerstasie vér van die gewasse van belang. Waar daar met data en statistieke gewerk word, is daar ‘n gewilde gesegde: rommel in, rommel uit. Om akkurate afleidings te maak en besluite te neem, is dit noodsaaklik om hiper-gelokaliseerde weerdata te versamel, op toepassing van die lande ter sprake.

Metos SA is die plaaslike verspreider van Pessl Instruments se weerstasies. Pessl Instruments is gebaseer in Oostenryk en help al vir meer as 36 jaar produsente wêreldwyd met ingeligte besluitneming. METOS bied ‘n groot verskeidenheid weerstasies waaruit ‘n produsent kan kies om sy behoeftes en sak te pas.

Afhangende van die weerstasie wat gekies word, kan temperatuur, humiditeit, reënval, windspoed en -rigting, blaarnatheid, sonstraling, grondvog en -temperatuur gemeet word.

Hierdie maatstawwe kan dan gebruik word om afleidings te maak soos, byvoorbeeld, delta T, groeiende graad-dae, koue eenhede en daaglikse evapotranspirasie.

Hierdie data is toeganklik via die FieldClimate platform wat aanlyn en as ‘n selfoon-toep beskikbaar is. FieldClimate verwerk die data en gee raad ten opsigte van wanneer dit optimaal is om te plant, te spuit, kunsmis toe te dien, en te oes.

Indien grondsensors gebruik word, kan die produsent besproeiingsbestuur toepas deur te weet presies wanneer en in watter hoeveelhede die gewas water benodig. Op die manier kan water, tyd en geld gespaar word, terwyl ‘n gesonder plant gekweek word.

Siektemodelle kan bepaal wanneer ‘n daar ‘n hoë potensiaal vir siektedruk in die gewas is. Die produsent weet dus wanneer om ‘n swamdoder toe te dien, asook watter spesie om te teiken.

Om te meet is om te weet. Gebaseer op elke produsent se unieke behoeftes kan METOS die produsent bystaan om data te versamel en dit verwerk na insig.
Vir meer inligting, skakel gerus Carina Olivier, 083 805 9335, stuur ‘n e-pos na admin@metos.co.za, of skandeer die QR kode hieronder.